BRENDAN PEYPER SE NUWE LIEDJIE ‘N ROOI VLAG!

As daar een ding is wat Brendan Peyper kan regkry, is dit om ‘n liedjie te skryf met lirieke wat jou vas kan vang en jou honger maak vir die dansvloer.
 
Met sy nuwe enkelsnit “Rooi Vlag” wat nou beskikbaar is, gaan jy weer ‘n keer ‘n nuwe klank hoor met lirieke soos net Brendan kan skryf.
 
Wag net ‘n bietjie, ons weet wat jy dalk gaan sê oor die woord rooi vlag. Ons almal weet Brendan is die stoutgat boerseun, muso next door, maar hierdie liedjie gaan oor ‘n meisie wat duidelik slegte nuus is en dit is wat sy aandag trek. Hy kan nie help om vir haar te val nie, ongeag die rooi vlae.
 
Die liedjie is geskryf deur Brendan self en vervaardig deur Murray Lubbe wat vele van Brendan se treffers vervaardig het. So jy is in vir ‘n warm song met ‘n rock and roll klank.
 
Die musiekvideo wat saam met hierdie liedjie vrygestel word is vol rooi vlae en adrenalien. Elemente wat Brendan se aandag trek en wakker maak soos Can-ams, MX bikes, Jeeps en Cruisers laat die stof wild waai terwyl Brendan met sy kitaar in die hand staan. Maar, daar is ook ‘n groen vlag as jy mooi gaan kyk.
 
Wat is vir jou ‘n rooi vlag? 

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter