KOM GENIET DIE MOEWIESE SAAMSINGJOL OP DIE KRONE CRUISE!

Klim aanboord die luukse MSC Orchestra in Durban en vaar uit op die diep blou Indiese oseaan vir die vakansie van ‘n leeftyd vanaf 3 tot 6 Februarie 2023! Jy sal vaar vanaf Durban se hawe terwyl die Krone Cruise-kunstenaars Refentse, Liezel Pieters, Kurt Darren, Brendan Peyper, Elizma Theron, Monique Steyn en Eloff, sowel as die MSC Orchestra-vermaakspan jou ‘n voorsmakie gee van wat voorlê vir die volgende drie dae – dans, musiek en ‘n moewiese saamsingjol!

Krone Cruise passasiers sal vermaak word deur eksklusiewe konserte met al die beste saamsing-medleys van die laaste sewe Krone-vertonings. ‘n Intieme ‘meet & greet’, wêreldklas eetplekke sowel as hope Msc Orchestra-aktiwiteite, en natuurlik die ongelooflike Krone Karaoke sal deel vorm van die vermaak waar jy die kans sal kry om jou gunsteling liedjie saam met jou gunsteling Krone-kunstenaar te sing. Sluit die naweek af met ‘n dag van pret in die son op die pragtige Portugese Eiland in Mosambiek!

Bespreek jou Krone Cruise-kajuit nou met slegs ‘n R3000 deposito.

DIE KUNSTENAARS

KC2023_Liezel
KC2023_Eloff
KC2023_Refentse
KC2023_Kurt
KC2023_Brendan
KC2023_Elizma
KC2023_Monique
VIR MEER NAVRAE:

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERTAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter