NOLENE (MISS SA TOP 30 FINALIS) HET NUWE MUSIEK!

Nolene was deel van die groep “Reën” met treffers soos “Skobbejak” en “Vrystaat Vlaktes” en het onlangs haar solo-loopbaan afgeskop met haar eerste enkelsnit “Hou Bene Hou”. Nou is sy terug met ‘n nuwe enkelsnit “Oe Jitte, Baby”.
 
Hierdie liedjie was eintlik die eerste liedjie wat ek aan Muse Studios gepitch het toe ek my sangloopbaan begin het by Select Musiek. Nou is dit die regte tyd vir hom,” vertel Nolene.
 
Terwyl sy ‘n besige skedule het vandat sy deel is van die Miss South Africa Top 30, het sy gevoel dit is tog die regte tyd om die liedjie vry te stel.
 
“Oe Jitte, Baby” gaan oor wanneer jy ‘n ou se aandag wil kry maar hy bly speel rond met jou. Jy besluit dan om ‘n briefie vir hom tik wat jy eintlik nooit wil stuur nie, maar perongeluk ‘send’ druk en daar is geen omdraai kans. Nou weet hy presies hoe jy voel.
 
Ek het die liedjie geskryf aan die begin. Nou dat ons hom wil release, het Hugo Ludik en Nick Jordaan van Muse Studios gehelp om die liedjie te voltooi en natuurlik ‘n fantastiese produksie en verwerking te doen op die liedjie waaroor ek baie opgewonde is”, vertel Nolene.
 
Maak reg, want oe jitte, baby, jy gaan baie van hierdie liedjie hou!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter