SNOTKOP & VRIENDE SPEEL OP AVBOB SE STOEP

Ek was nie die soetste kind nie. Ek het gereeld gehoor: “Jy speel op AVBOB se stoep” wanneer ek en my pelle bietjie die leeu se klokke gekielie het,” sê Snotkop terwyl hy sy nuwe liedjie vir ons speel.
 
Dis die inspirasie agter my nuwe song. Ek dink nie ek gaan ooit groot word nie“.
 
So maak jou reg vir Snotkop se nuutste enkelsnit “AVBOB Se Stoep” wat nou beskikbaar is.
 
Die liedjie is vervaardig deur Snotkop se gunsteling producer, Dirk van Niekerk wat ook treffers soos “Cool Soos Koos Kombuis” en “Souserig” vervaardig het.
 
En dan is daar natuurlik ‘n nuwe Snotkop-musiekvideo om die prentjie mooi in te kleur – met ‘n nurse en alles.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter