Maak jouself reg vir moderne rock-klanke en edgy lirieke. Reno, Jeff en David-Lee is broers wat net musiek wil maak! 1925 Band se missie is om jou só lekker te laat partie op hulle musiek dat jy van al jou probleme vergeet. Hulle musiek en shows is ‘n regte band-ervaring wat die skare op die tafels laat dans.