ELANDRÉ HERSKRYF DIE REËLS, MET NUWE ROCK-VIDEO ENKELSNIT!

Hierdie Oos-Kaaps gebore sanger-liedjieskrywer het met die intrapslag groot opslae gemaak nadat sy regstreekse aanlynweergawe van Bruce Springsteen se ‘Tougher Than the Rest’ miljoene trefslae internasionaal versamel het, dit sou kort daarna lei tot ‘n platekontrak vir die voormalige teaterstudent.

Dit was kort daarna oortref met die platinumverkopende-oorspronklike debuut album ‘Kleindorp Dromer’, gevolg deur die album ‘Boomhuis’ en bekroonde Europop-geïnspireerde derde album ‘Rugsak’. Wydverspreide toere, gasoptredes en treffende musiekvideo’s getuig oor die vernuwende werk van dié dinamiese Suid-Afrikaanse kunstenaar.

In die na-gloei van sy triomfanklike ‘Elandré Simfonies’-toer en legendariese “Maak Wakker” samewerking met Francois van Coke, versnel die opspraakwekkende liedjieskrywer verder met ‘n nuwe enkelsnit ‘Lieflik’ op 5 Augustus 2022.

‘Lieflik’ slaan terug na Rockspaaider Band Battles, Hoërskool hoogtepunte en hartseer, met ‘n klankbaan direk uit ‘n tienerfliek. Elandré herbesoek en herskryf ‘n paar reëls uit die Hoërskoolhandboek en oorbrug gelyktydig die eeue oue gaping tussen veld en verhoog.

LieflikMedia

LIEFLIK

ELANDRÉ

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter