BRENDAN GEE JOU NIE VEEL VAN 'N KEUSE NIE: DIS PARTYTJIETYD!
Na die sukses van Brendan Peyper se Insomnia EP wat 3 top-tien enkelsnitte opgelewer het, is die man wat die hoofrol in menige aanhanger se rom-com drome speel, terug met ‘n massiewe smash. ‘Nee of Ja’ is ‘n Arfikaanse Pop-enjin wat jou hard sal op-rev. Dit is meedoënloos. Dit is aansteeklik. Dit kry die mense aan die gang!
Dis gesentreer rondom ‘n wen-wen-voorstel aan ‘n moontlike liefde. ‘Nee of Ja’ se uitgangspunt is een van in-die-oomblik-bevryding van alle struikelblokke wat in die pad van liefde staan.
Soliede skryfvernuf definieër hierdie oorwurm. Probeer om dit uit jou kop uit te kry, ek dare jou!