HANG AAN WIKUS BOTMA SE LIPPE, OFTEWEL SY NUWE ENKELSNIT!

Wikus Botma het golwe gemaak met sy treffers “Brannewynlippe”, “Proe Soos Nog” en “Kleintjie” maar is nou terug met ‘n nuwe banger “Stadig Oor Die Klippe”.
 
“Dit gaan oor daai lekker onsekerheid aan die begin stadium van ’n nuwe verhouding. Wanneer jy sê jy gaan dit stadig vat, maar kan nie help om dinge way vinniger te vat nie”, vertel Wikus.
 
Terwyl hy die liedjie geskryf het, het dit hom laat dink hoe ‘n mens die “honeymoon phase” lewendig kan hou in die huwelik. Dit het hom terug gevat na die tyd toe hy en sy vrou so vinnig in ‘n ding in gespring het om verloof te word en kort daarna te trou.
 
Ek het die eerste vers saam met my goeie vriend Tian Nienaber geskryf. Ek het hom toe klaar geskryf soos ek aan die production en arrangement gewerk het. Ek het die hele arrangement gedoen en ’n demo vir Muse studios gestuur. Hugo het toe sy magic bygesit en vir ons een amazing produksie aan mekaar geslaan”, las Wikus by.
 
Kyk ook uit vir die musiekvideo wat in een skoot geneem is maar jou sal vasvang in die “slomotion” oomblikke. Let op wat gebeur in die agtergrond ook.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter