WENTZEL SOEK ‘N MEISIE WAT KAN VASDANS!

Wentzel het naam gemaak met “Wil Jy Bly” en “Juffrou Riekie Louw”. Nou is Wentzel gereed vir ‘n “Meisie wat kan vasdans”.
 
Die liedjie gaan oor ‘n jongman wat sy litte wil los kry by ‘n danskraal-sokkie. ‘n Dame vang sy oog, maar sy is te skaam om saam met hom te dans”, vertel Wentzel.
 
Die liedjie is oorspronklik deur een van Wentzel se vriende, Richann Brüssow geskryf en met die hulp van Wentzel, Don Kelly en Adolf Vorster verder geskryf.
 
Die liedjie is vervaardiger deur Casetteclub wat bestaan uit Austin Hulme en Tjart van der Walt, wat ook “Juffrou Riekie Louw” en onder andere treffers soos “Ophou (Karlien van Jaarsveld)”, “Opsoek Na Liefde (Ivan Roux)” en “Net Een Keer (Samantha Leonard)”.
 
Die liedjie vertel wat regtig gebeur as mens ‘n skuurdans of ‘n sokkie bywoon. Dis presies wat gebeur as daai een spesifieke persoon jou aandag vang”, voeg Wentzel by.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter