ELIZMA THERON IS TERUG MET NUWE MUSIEK!

Ma, vrou en suksesvolle besigheidsvrou, Elizma Theron is terug met ‘n nuwe enkelsnitBitter Lekker”.
 
“Bitter Lekker” gaan oor die teenoorgesteldes tussen mense in verhoudings en in die lewe. Hoe mense wat totaal verskil, nogsteeds so baie ingemeen kan . Die lewe kan bitter of soet wees, maar jy besef dat beide die bitter en lekker belangrik is.
 
Inspirasie om die liedjie te skryf het van oral af gekom: My ouers, ek en Nico, vriende en selfs my twee kinders se verhoudings met mekaar”, vertel Elizma.
 
Emil Paul en Stephan van Huyssteen het saam met Elizma geskryf aan “Bitter Lekker”. Hugo Ludik van Muse Studios het die liedjie vervaardig.
 
Mense verskil en ek glo dit dra by tot verhoudings wat werk – of dit ‘n vriendskap, werks– of persoonlike verhouding is. Ek dink ons benader dit soms verkeerd en wil altyd graag aan die ander persoon begin skaaf, maar ons moet juis die verskille raak sien en waardeer. Dit is wat daardie persoon uniek maak en wat jóú eie lewe dalk opwindend kan maak en verryk”, voeg Elizma by.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter