WENTZEL WAG VIR ANNABEL SE OPROEP!

Wentzel het groot golwe gemaak met sy vorige enkelsnit “Meisie wat kan vasdans”. Maar nou is hy terug met ‘n splinter nuwe dansvloer-treffer “Annabel“.
 
Net wanneer jy dink jy kan gou asem skep op die dansvloer, gaan Wentzel se nuwe enkelsnit “Annabel” jou terug trek vir nog ‘n rondte.
 
My Annabel, my Anna, wanneer gaan jy bel? Want ek wag al te lank, nou bel ek maar vir jou. Hier’s plek wat ek net vir jou hou. So Anna, antwoord net gou!” sing die koor.
 
Die lekker voet-stamp nommertjie is geskryf deur Wentzel self en Emil Paul. Casette Club (Tjaart van der Walt & Austin Hulme) het gesorg vir ‘n lekker produksie wat ook “Meisie wat kan vasdans” en “Juffrou Riekie Louw” vervaardig het.
 
“Annabel is die meisie wat al jou boksies af tick, maar sy toon geen belangstelling in jou nie. Jy wag vir haar om te bel maar jy is ook nie seker of jy haar eerder moet bel nie,” vertel Wentzel.
 
Wentzel is beslis nie net ‘n boer in murg en been nie, maar weet ook hoe om sy aanhangers te bederf met ‘n lekker sokkietreffer!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter