“Die Deur” het groot opslae gemaak met vrystelling en Christia het nie die volle storie vertel nie. Nou vertel sy die res van die storie in haar nuwe enkelsnit “Ek Sien Jou”.
“Ek wou al vir lank ‘n liedjie vir my pa skryf. Die liriek “Ek Sien Jou” is vir my belangrik want dis al wat ons almal eintlik wil hê – om gesien te word. Die liedjie het ‘n sterk konneksie met “Die Deur” wat ek ook geskryf het met my pa in gedagte. Ek weet nou dat dinge kan verkeerd gaan, maar nogsteeds mooi uitdraai“, deel Christia.
“Ek Sien Jou” is geskryf deur Christia Visser, Don Kelly, Emil Paul en Dirk van Niekerk. Dirk van Niekerk wat Christia se treffers vervaardig het soos “Die Deur” en “17 Shots”, het ook hierdie liedjie vervaardig.
Die Deur was dalk oopgelos, maar Christia maak nou Die Deur toe met “Ek Sien Jou”.