BARTO: "LIEFDE KOOP NIE BROOD NIE"!

Liefde Koop nie Brood nie,” is gebore uit ‘n hartlike oomblik tydens ‘n Valentyn-segment op Kyk-Net se BRAVO! waar Barto se meisie die aangrypende insig, “Liefde koop nie brood nie” kwyt geraak het.
 
Geïnspireer hierdeur het Barto ‘n lewendige sokkie-rock-lied geskryf wat die ware essensie van liefde verken. Dit is nie materiëel nie, maar eerder ‘n noodsaaklike voeding vir die siel.
 
Hierdie liedjie is geskryf deur Barto Swiegers, Stephan van Huyssteen, Fran-zel van Huyssteen en Misha Preller (Barto se meisie) wat die idee geplant het.
 
Liefde koop nie brood nie, Liefde, Liefde’s nie te koop nie, dit kan ‘n man verniel, maar dis kos vir die siel”, sing Barto in die koor.
 
Muse Studios (Hugo Ludik) wat al Barto se treffers vervaardig het soos “H2Oë, “Vlam In Die Wind” en “Besonders” het ook hierdie liedjie vervaardig. Wees solank gereed vir nog ‘n treffer.
 
“Liefde Koop Nie Brood” is nou beskikbaar met ‘n indrukwekkende musiekvideo!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter