Op 31 Augustus 2024 het derduisende Krone fans bymekaar gekom in die hartjie van Pretoria op Loftus Versfeld vir die jaarlike moewiese saamsing-jol, Krone!
Met die grootste klanksisteem en verhoog van sy soort wat opgerig was in die middel van Loftus, kon Krone fans met al 125 liedjies uit volle bors saamsing.
Kunstenaars soos Appel, Barto, Bernice West, Brendan Peyper, Droomsindroom, Early B, Elandré, Eloff, Irene-Louise van Wyk, Jan Jan Jan, Jo Black, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Leah, Liezel Pieters, Refentse, Ricus Nel en Snotkop was saam met die gehoor die sterre van die aand.
Vanjaar het ons ook hulde gebring aan Laurika Rauch vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse musiekbedryf!