DIRK WIL WEET: WIL JY? OF WIL JY NIE?

Daar is op die oomblik ‘n trend waar kunstenaars ou liedjies vat en ‘n nuwe baadjie aantrek. 

Dirk van der Westhuizen is baie opgewonde om sy nuwe enkelsnit “Wil Jy?” met julle te deel wat nou beskikbaar is op alle digitale platforms.

Onthou jy “Wil Jy of Wil Jy Nie?” wat oorspronklik in 1967 deur Ben E. Maddison vrygestel is en toe later deur Berril von Amburg?

Dirk en Emil Paul het dele van Maddison se liedjie (oorspronklik geskryf deur Anton de Waal en Nico Carstens), gebruik in ‘n nuwe verwerking, “Wil Jy?”.

Hierdie is ‘n lekker saamsing-liedjie vir alle ouderdomme en beslis iets wat ‘n glimlag op gesigte sal sit as gevolg van die nostalgie en goeie herinneringe wat Berril von Amburg se weergawe en musiekvideo destyds ontlok het.

My weergawe is natuurlik ook gemaak om die dansvloer lewendig te hou. So, kry jou dansskoene gereed vir 6 Desember, want jy gaan wil saam dans en sing op hierdie een – of hoe het ek dit met jou?” deel Dirk opgewonde!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter