Na die sukses van sy vorige enkelsnit “Fluit Fluit” is Jan-Mattys se storie nie uit nie. Jan-Mattys skop 2025 af met ‘n nuwe enkelsnit “Stof Skop”.
“Stof Skop” gaan jou op die dansvloer hou en Afrikaanse musiekliefhebbers lekker laat saamsing.
Die liedjie is deur Jan-Mattys, Emil Paul, Stefanie Nortier en Chané Hall geskryf. Tjaart van der Walt het die liedjie lewe gegee as vervaardiger.
“Stof Skop is een van daai liedjies wat jou die beste tye saam jou mense laat geniet, hier en nou. Dit laat jou beweeg sonder dat jy dit agter kom. Hy het ook sy eie identiteit met ‘n bietjie Afrikaanse Country en Folk”, deel Jan-Mattys.
Maak gereed vir ‘n jaar vol “Stof Skop”!