Afrikaans Op Die Platteland het ‘n Nuwe Talent kompetisie gehou en Venter het weggestap met hierdie titel en ‘n platekontrak ontvang vanaf Select Musiek.
Venter het die oorspronklike liedjie “Deur Die Winters” van Theuns Jordaan gesing by dié fees en die publiek het hom en sy musiek met ope arms ontvang! Dié liedjie sal ook Venter se eerste uitreiking wees wat vanaf 11 April beskikbaar sal wees met ‘n musiekvideo!