ELOFF: WAT KAN 'N MAN DAN DOEN?

Eloff het onlangs ‘n paar duet-uitrekings vyrgestel saam met Die Piesangskille (Groeipyne), Early B (Bikiniweer) en Demi Lee Moore (As Ek Dalk) wat omtrent die trefferlyste oorgevat het. Nou stel Eloff ‘n album bekend wat al sy onlangse enkelsnitte insluit en ook nuwe musiek, soos “Wat Kan ‘n Man Dan Doen”.

Wat Kan ‘n Man Dan Doen” het ook ‘n musiekvideo in die styl van Eloff soos net jy kan verwag. 

So waaroor gaan “Wat Kan ‘n Man Dan Doen”? 
 
“Maak nie saak hoe sleg jou dag is nie – kyk altyd na die goeie kant van die slegte kant. Byvoorbeeld – ‘n span het verloor, maar was altyd voor, of, jou vleis is taai, maar mooi gebraai”, vertel Eloff.
 
Die album bevat van Eloff se vorige treffers “Vlerke”, “Koue Kole” en “Lek My Lippe Af” ook, maar Eloff verras veral met twee nuwe weergawes van die bestaande liedjie “Maybe My Baby”. Een is ingespuit met lekker Lofpop-oemf en die tweede weergawe is ‘n meer akoestiese weergawe.
 
So, Wat kan ‘n man dan doen? Jy luister na Eloff se nuwe album en “Wat Kan ‘n Man Dan Doen”!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter