WENTZEL STEL NUWE “FLIPPEN NICE” LIEDJIE VRY!

Jy het al lekker vasgedans op Wentzel se treffers soos “Juffrou Riekie Louw”, “Meisie Wat Kan Vasdans” en “Help ‘n Bietjie”. Nou is sy nuwe liedjie “Flippen Nice” beskikbaar met ‘n musiekvideo!
 
Daar is baie kere wat ons sal sê iets is flippen nice: Iets wat lekker is om te eet, of wanneer jy dalk iets onverwags ontvang van iemand spesiaal.
 
Die idee vir die liedjie het ontstaan uit daardie eenvoudige maar spesiale gevoel wat jy kry as jy iemand sien en sommer net weet “Wow, jy is flippen nice”. Dis nie ‘n moeilike liedjie om te verstaan nie. Dit is eenvoudig en reguit en sê presies wat jy dink as jy regtig van iemand hou”, vertel Wentzel.
 
Die liedjie is geskryf deur Wentzel en is vervaardig deur Austin Hulme en Tjaart van der Walt.
 
Wentzel hoop dat mense wat in verhouding is of selfs net verlief is op daardie spesiale persoon, hulself sal kan vereenselwig met die liedjie.

Geniet “Flippen Nice” en vat haar vir ‘n draai op die dansvloer!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter