REFENTSE STEL "NYKIE" AAN JOU VOOR!

Refentse was stil die afgelope tyd terwyl hy ‘n bondeltjie vreugde in die wêreld verwelkom het. Maar nou is hy volstoom terug en verwelkom vir “Nykie” op 20 Junie 2025!
 
Wie is Nykie? Sommiges sê dit is ‘n jong dame wat hy baie mis en met wie hy dinge wil regmaak om weer uiteindelik bymekaar uit te kom, maar jy sal die song moet luister om uit te vind hoekom.
 
Geskryf deur gesoute liedjieskrywers Don Kelly, Stephan van Huyssteen, Fran-zel van Huyssteen en Refentse self, kan jy gereed maak vir ‘n lekker storie soos hy toor met woorde en melodie.
 
Hugo Ludik van Muse Productions het hierdie liedjie vervaardig met ‘n vars klank vir Refentse wat jou sal vat van ‘n Ierse kroeg tot die dansvloer vir ‘n sokkie.
 
Ontmoet vir “Nykie” wat nou beskikbaar. Refentse is terug met ‘n vars folky-upbeat klank!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter