Wees saam met ons opgewonde om dié amazing kunstenaar te verwelkom in die musiekbedryf. Rudo Schwim, van Clarens, se lewe het in ‘n oogwink verander toe hy op 25 April 2025 aangekondig was as die OFM Trok Talent-kompetisie wenner en as kunstenaar by Select Musiek. Enkele dae na die aankondiging as wenner het Rudo die geleentheid gekry om saam met van die land se bestes te werk aan sy eerste enkelsnit “Clarens Winter”, wat beskikbaar sal wees vanaf 4 Julie met ‘n musiekvideo.