HIER IS BRENDAN PEYPER SE "SARIE MARAIS"!

Hier is Brendan Peyper se nuwe enkelsnit “Sarie Marais”  met ‘n musiekvideo.
 
Hierdie liedjie is die eerste uitreiking wat lei tot sy komende EPTroumateriaal” wat op 14 November beskikbaar sal wees.
 
Jy mag dalk dink – nog ‘n liedjie wat reeds bestaan word afgestof. Maar, Brendan het heeltemal oorspronklike lirieke-en-melodie geskryf vir die welbekende titel, “Sarie Marais” met ‘n vars nuwe klank wat jou behoorlik op die dansvloer sal hou nadat Murray Lubbe dié liedjie vervaardig het. Die liedjie vertel die storie van verlange en oor alles wat hy van haar mis soos haar paptert en pannekoek.
 
Die enkelsnit word ok vergesel met ’n musiekvideo waarin Brendan ten toon gestel word as die spreekwoordelike “ridder op ‘n wit perd“. Dit het ook ‘n nostalgiese terugblink na die video van sy eerste enkelsnit, Stop, Wag, Bly nog ’n Bietjie.
 
Verder kan jy uitsien na nog ‘n vrystelling in aanloop na die kort-album “Troumateriaal wat November in geheel beskikbaar sal wees. Die album is ten volle geskryf deur Brendan self en sal nuuskierigheid werf met titels soos “Hart Soos ‘n Hilux” en die titel-snit “Troumateriaal”.
 
Sarie Marais” is nou beskikbaar met ‘n musiekvideo!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter