BRENDAN STOP DIE WÊRELD OM AF TE KLIM

Dit is alweer daardie romantiese tyd van die jaar en die koning van serenades sal nie teleur stel nie. Brendan Peyper, welbekend vir sy romantiese kant, stop die wêreld want hy wil afklim hierdie Valentynsdag. Hy wil dit wel nie alleen doen nie.

‘Stop Die Wêreld Ek Wil Afklim’ is sy romantiese vrystelling hierdie Februarie en dit beloof om die perfekte song te wees vir enige iemand in die bui vir liefde. Hy sing van al die aspekte van daardie spesiale iemand saam met wie jy net die oomblik wil vries en geniet vir so lank as moontlik.

‘n Romantiese Valentyns date saam met jou ander helfte of dalk ontmoet jy iemand vir die eerste keer – as hierdie liedjie in die agtergrond speel sal dit verseker pluk aan die regte hartsnare in sulke romantiese oomblike.

Maak seker jy stop jou wêreld wanneer hierdie song vrystel sodat jy kan luister en in die regte bui beland vir die maand van liefde.

STDWEWAK

STOP DIE WÊRELD EK WIL AFKLIM

BRENDAN PEYPER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter