AFRIKAANS OP DIE PLATTELAND-WENNER REIK EERSTE ENKELSNIT UIT!

Afrikaans Op Die Platteland het ‘n Nuwe Talent kompetisie gehou en Venter het weggestap met hierdie titel en ‘n platekontrak ontvang vanaf Select Musiek.
 
Venter het die oorspronklike liedjie “Deur Die Winters” van Theuns Jordaan gesing by dié fees en die publiek het hom en sy musiek met ope arms ontvang! Dié liedjie is ook Venter se eerste uitreiking wat nou beskikbaar is op alle digitale platforms met ‘n musiekvideo!
 
Dit is vir my ‘n groot voorreg om ‘n cover te doen van so ‘n groot legenede soos Theuns Jordaan. Ek hoop dat mense aanklank sal vind met my weergawe en die nostalgie van die liedjie, maar ook nuwe klanke sal verwelkom. Ek hoop Oom Theuns sal trots wees”, vertel Venter.
 
Venter reis reeds regoor die land met sy vertonings en werk alreeds aan sy eie oorspronklike musiek wat ook binnekort vrygestel sal word.
 
Verwelkom Venter wanneer die klanke van “Deur Die Winters” voortleef.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter