VERLORE - AFGEWAGDE TWEEDE ENKELSNIT VAN ENERGIEKE ALT POP-DUO

Alter Ego posisioneer hulself as Alternatiewe Pop-musiek en op ‘Verlore’ harmoniseer die twee skynbare teenoorgestelde genres om ’n kragtige danstreffer op te lewer.

Mens hoor baie invloede hier; 90’s akoestiese Pop sensitiwiteite gemeng met ’n 2010-era EDM klopper en ’n donker distortion wat nie buitensporig op ’n Battery 9 album sou wees nie. Die inleiding trek jou in en kul jou, maar dan verpletter die koor se reuse mineur jou voorafbepaalde verwagtinge.

Justin en Darren Oates (Die tweeling hoofsangers van Alter Ego) is onder andere ook renjaers en mens kan nie help om te dink hulle spoedvraat-neigings het bygedrae tot die gees van hierdie bittersoet liefdeslied nie. ‘Verlore’ skep daai nostalgiese gevoel van ’n slomo sonsondergang by ’n musiekfees of silhouette by die strandvuur.

Op ‘Verlore’ sing Alter Ego: “Die klank van my hartsverlange”. Inderdaad.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter