Nie net is Alter Ego ‘n tweeling, professionele renjaers en voltydse meganiese ingeneurs nie, maar ook een van Suid-Afrika se warmste duo’s in Afrikaanse musiek. Alter Ego werk saam met die bekroonde vervaardiger Denholm Harding wat hulle vars, alternatiwe popklanke na vore bring in die bedryf. Nie net het hulle talent as renjaers en sangers nie, maar meeste van hulle liedjies kom ook uit hulle eie pen.