ALWEER DIAN VORM SY BESLUITE UIT KLEI

Alweer Dian is ‘n nuwe naam in die musiekbedryf wat groot opskudding gaan maak met sy eerste enkelsnit “Klei” wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
 
As jy wonder hoe Noah Kahan sou klink in Afrikaans, kan jy gereed maak vir hierdie een.

“Klei gaan vir my oor elkeen wat beheer het oor hoe sy/haar toekoms gaan lyk. Gaan jy gelukkig wees oor jou besluite as jy in die oggend jou oë oopmaak?”, vertel Dian.
 
Klei” is geskryf deur Dian self en vervaardig deur die bekroonde vervaardiger, Murray Lubbe.
 
Jy gaan op die punt van jou stoel sit met hierdie nuwe klank en hoe Dian baie fyn en noukeurig geskryf het aan hierdie lirieke.
 
Mense het baie vrae in die lewe wat jou laat wonder oor môre, maar aan die einde van die dag lê die antwoord by jou. Dit is wat jy daarmee maak en wat jy uit klei vorm.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter