Al is sy daagliks op die pad met haar verpligtinge, of op die plaas, maak sy memories. Ontmoet vir Ariana Venus, ‘n regte plaasmeisie met ‘n lus vir die lewe, liefde vir perdry en musiek. Haar eerste enkelsnit “Memories Maak” is nou beskikbaar!
“Ek is nogal beïndruk met hoe die song uitgekom het! Dit weerspieël ‘n baie groot deel van wie ek is en waarvoor ek staan. “I want to die with memories, not with dreams”. Ek dink dit is belangrik in die lewe om te besef dat mens regtig net eenkeer lewe en dat herinneringe op die ou einde al is wat mens se lewe vol maak. Dit is een van die min goed wat niemand van jou kan wegvat nie”, vertel Ariana.
“Memories Maak” is geskryf deur Ariana self en Stephan van Huyssteen en die produksie is behartig deur Murray Lubbe.
Maak memories en kyk na die prentjie-mooi musiekvideo van Ariana, op die plaas, saam met haar perd, Strider.