ARMAND BARNARD VAT JOU TERUG NA STUDENTE DAE!

Armand Barnard het golwe gemaak met sy debuut-enkelsnit “A-Okay”. Hy is nou gereed om jou terug te vat na jou studente dae met sy nuwe enkelsnit “Vape en Suip”.
 
Die song is ‘n terugblik na die dae toe jy jou hele budget spandeer het op brandy specials en koffie. Ek is seker jy onthou ook daardie huisdans-date wat jy in die agtersitplek van jou kar gesoen het en klas gedraf het met ‘n kopseer.
 
Dit is die heel eerste song wat ek, Hunter Kennedy en Fred Den Hartog saam geskryf het. Na vele weergawes, het ons besluit om dit finaal te vervaardig met die hulp van Peach van Pletzen by sy studio in Johannesburg”, vertel Armand.
 
Tenspyte van als het jy alles probeer en die goeie gehou. Dit was die beste jare van jou lewe al het jy dalk van jou vakke gedop, of iemand het jou hart gebreek of op die ou einde gesteel.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter