Armand Barnard is ‘n avontuurlustige jong man van Stellenbosch wat onlangs sy graad in Sielkunde behaal het. Wanneer hy nie saam met sy Pa die wêreld verken nie, sal hom vind in sy Hilux waar hy op sy gemaklikste voel, met ‘n pen en kitaar in die hand. Met sy unieke tenoor en diep stem het hy saamgespan met vervaardiger, Fred Den Hartog (Die Heuwels Fantasties, Droomsindroom) en skrywer, Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties) om ‘n endorfienvrystellingskreet saam te stel vir ‘n epiese langpad rit. Sy eerste debuut-enkelsnit “A – Okay” gaan jou voete op die dashboard sit. Hou vas jou wange, want die tune klap en Armand is reeds gereed om jou met nog vele musiek te bederf uit sy pen.