Die Aandblom 13 - 'N ALTERNATIEWE MEESTERSTUK

Vir meer as twee dekades is Arno Carstens ‘n huidhoudelike naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hierdie Erfenismaand vier ons die vyfde albumherdenking van sy eerste Afrikaanse album, ‘Die Aandblom 13’, wat op 16 September 2016 vrygestel is en wat nogsteeds aansluit by Arno Carstens se lirieke: “Dis my intensie om jou bo almal te verbaas”.

Ter viering van 5 jaar van ‘Die Aandblom 13’, is daar ‘n geleentheid om hierdie boeiende werk te herbesoek met poëtiese lirieke, aangrypende klanke, ongewone melodieë en verhale ryk aan geskiedenis en hart.

Arno Carstens se krities-bekroonde album, ‘Die Aandblom 13’ het ‘n Suid-Afrikaanse Musi -toekenning (SAMA) ontvang vir die Beste Vervaardigde Album (Vervaardigers Fred den Hartog, Dan Taylor en Tim Lengfeld), ‘n Ghoema vir Beste Afrikaanse Alternatiewe Album in 2017 en ‘n Bok Radio Bokkie-toekenning vir Beste Afrikaanse Liedjie in 2016 vir die liedjie ‘Ontwaak’.

Die temas op die 13-snitalbum ondersoek die wêreld om ons en is uitgesproke oor aangeleenthede rakende persepsies, uitdagings, ontwaking, hoop, liefde en verandering.

Snitte soos “Siele loop sielloos”, “Chemikalieë”, “Bottel sonder prop”, “Ontwaak” en “Bonatuurlik” getuig van ‘n album wat nie net geskryf is nie, maar een wat noukeurig uit woorde geweef is en musiek om jou innerlike te beweeg – iets wat ook duidelik is in lirieke soos “Die liefde tussen hy en sy, en sy en sy en hy sal altyd ‘n tydlose wonder wees”, “Verafsku deur die massas, alleendenkend en knaend onvanpas”, “Agter die masker ’n gewapende dier” en “om ons te herinner aan die prag van eenvoud en ons doel om te verken”.

‘Die Aandblom 13’ is ‘n album waarin Arno Carstens kunstige beelde met sy moedertaal skilder – een wat skaars en uniek, outentiek, direk tot die punt, onverskillig, siel-diep is … ‘n meesterstuk wat vandag net so relevant is as toe dit oorspronklik opgeneem is.

Arno3

DIE AANBLOM 13

Arno Carstens

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter