BARTO DOEN DIT WEER. DIS ‘BESONDERS’.

Barto hou nie net die goeie tye aan die gang by ‘n braai of ‘n dans nie, maar hy bring altyd ook ‘n bietjie kos vir die siel. En dit is presies wat sy nuwe song “Besonders” so… wel… besonders maak.
 
Hierdie splinternuwe enkelsnit en musiekvideo gaan jou ore en oë bederf wanneer Barto se onmisbare stemtoon die unieke lirieke en aangrypende melodië oordra.
 
Ek het weer die voorreg gehad om saam met Stephan van Huyssteen te skryf. Hy het van my grootste songs help skryf. Hugo Ludik van Muse Studios het ook weer ‘n fenominale ‘job’ gedoen met die vervaardiging”, vertel Barto.
 
Barto verduidelik ook dat “Besonders” oor die buitengewone jy gaan – ‘n liefdesliedjie oor meer as net voorkoms.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter