BARTO MAAK 'N PAKKIE “MAL BEROU” OOP

Dit het begin as ‘n love song, maar eindig toe op as ‘n hartbreek-song. Barto deel vandag sy “Pakkie Mal Berou” met ons.
 
Pakkie Mal Berou” gaan oor ‘n verhouding of liefde wat vergelyk word met ‘n pakkie sigarette. Jy is op jou laaste sigaret en nou sit jy met berou soos jy afhanklik geword het van die ander persoon.
 
Hierdie liedjie wat ook met ‘n musiekvideo vrygestel word, plaas Barto in ‘n nuwe lig met ‘n vars klank. Jy gaan die trek van elke woord en emosie voel, en ook ‘n hartroerende optrede beleef in die musiekvideo.
 
Praat van ‘n “mean team”: As dit kom by die skryf van die liedjie – Barto, Shakira Peach, Roux Cloete en Eloff het saamgekom om hierdie lirieke en melodie neer te lê. Dan het Johan Viljoen vervaardig met ‘n nuwe benadering vir Barto se klank.
 
Pakkie Mal Berou” is nou beskikbaar. Maak seker jy kyk die musiekvideo met Barto en sy band.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter