“BLUE TICK”: REFENTSE IS TERUG MET NUWE MUSIEK!

Refentse was vir ‘n geruime tyd stil met nuwe musiek. Maar nou is hy terug en gee ons ‘n “Blue Tick”!
 
“Blue Tick” is geskryf deur Refentse en vervaardig deur Olly van Schalkwyk (Ollyvans Studios).
 
Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op “read” los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verkondig nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel.
 
“Ek is nie iemand wat ‘n ander persoon sommer op “read” sal los nie. Maar soms weet jy nie wat om dadelik terug te stuur nie of te express hoe jy rerig voel nie. Soms is mens bietjie bang vir die reply daarop”. – vertel Refentse.
 
“Blue Tick” se klank is naby aan Refentse se roots en herinner ons aan sy treffer “Reisiger”. Dit is ‘n electrifying power ballade wat neig na pop.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter