REËN SE RENÉ VANG GRAAD!

Hulle het in Suid-Afrikaners se harte geklim gedurende die 13de Seisoen van Boer Soek ‘n Vrou (kykNET) toe Boer Richann opsoek was na die vrou van sy lewe en René de Klerk ingeskryf het vir die realiteitsprogram.

Richann en René het aan die einde van die Seisoen hand aan hand weggestap om hul pad na liefde voort te sit, maar dit is nie al nie. Nét na die laaste episode van Boer Soek ‘n Vrou 2021 het hulle Suid-Afrika verras met hulle eerste enkelsnit “Vrystaat Vlaktes” en oornag ‘n groot golf veroorsaak in die musiekbedryf. Die treffer-lied is nou Nommer 1 op Apple Music en die musiekvideo het reeds meer as 80 000 kyk op YouTube.

Die pad na sukses vir René (vir nou) stop nie net hier nie. Op 22 April het sy haar Gradeplegtigheid behaal in Politieke Wetenskap nadat sy vir meer as 2 jaar vir dié Meerstergraad studeer het. Intussen was en is sy nogsteeds ook ‘n Junior Lektor. Weens die huidige pandemie was dit ongelukkig nie moontlik om dié mylpaal in realiteit te vier saam met medestudente, vriende en familie by ‘n amptelike byeenkoms nie, maar aanlyn.

“Dit was nogal sleg, want ‘n mens voel ge-isoleerd omdat mens nie die opgewondenheid in persoon met mede studente, vriende en familie kon vier nie”.vertel René.

René was ook die enigste student wat ‘n Meesters ontvang het in Politieke Wetenskap. Die uitdagendste van die reis was om die massa navrosing te doen en gemotiveerd te bly en dat dit soms gevoel het dat dit nooit tot ‘n einde gaan kom nie.

“Dit is wel ‘n ongelooflike gevoel om te weet dat jy die eindpaal uiteindelik suksesvol bereik het. “En natuurlik sal ek uitkyk wat my pad kruis vorentoe en dit met albei hande gryp””, vertel sy opgewonde.

René is nogsteeds ‘n Junior Lektor en gaan voortgaan daarmee terwyl sy ook beoog om haar PhD te doen. Richann het René ook geluk gewens op sy Instagram Profiel se stories met ‘n stralende foto van haar.

Reen
VRYSTAAT VLAKTES

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter