BOER SOEK ‘N VROU, MAAR KRY SOVEEL MEER IN VRYSTAAT VLAKTES

Die immergewilde Kyk-NET realiteit-program, Boer soek ‘n vrou het hierdie jaar ietsie bietjie meer spesiaal gebied as net ‘n boer wat daardie iemand vind om die pad mee saam te stap.

Boer Richann het dalk ‘n metgesel gesoek, maar is aan die anderkant uit met soveel meer. Haar naam is René en saam het hulle iets in gemeen wat SA nog vir lank aan die gons sal hou. Musiek! Wie sou kon raai dat twee mense so gelukkig kan wees om nie net liefde te vind op ‘n TV-program nie, maar ‘n mede talent om saam mee musiek te maak?

Dis reg! Richann en René, nou bekend as Reën, stel op Vrydag, 16 April 2021 hulle eerste enkelsnit bekend – Vrystaat Vlaktes. En hoe gepas is dit nie dat hulle hulde bring aan hierdie pragtige Suid-Afrikaanse landskap wat hulle twee onwetend bymekaar uitgebring het nie. Albei maak al vir ‘n geruime tyd musiek uit die liefde van die saak, maar het duidelik net gewag vir daardie een spesiale persoon om dit tot die volgende vlak te neem!

Met hulle goedvoel klank en passie wat deurskyn in hulle eerste enkelsnit is dit duidelik dat hulle saam nog baie harte gaan steel as duet. En wie weet wat vir hulle toekoms saam nog voorlê? Ons sal hulle maar net fyn moet dophou, want die einde van hierdie reeks se seisoen is maar net die begin van ‘n baie opwindende reis vanuit die Vrystaat vlaktes.

Reen

VRYSTAAT VLAKTES

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter