Kyk, as daar een ding is waarvan Kurt Darren en vroulief Dunay hou, is dit om as ‘n familie weg te breek na die bosveld toe. Dit is natuurlik waar hierdie liedjie, “Bos Is My Kos (Kampvuur Mix)” gebore is. Hier is die verrassing waarvan jy dalk nie geweet nie: Dunay het die liedjie saam met Kurt geskryf.
Dit is nie al nie. Dunay speel ook die hoofrol in die prentjiemooi musiekvideo wat by Nkomazi Private Game Reserve geskiet is. Dit is hulle gunsteling plek wanneer hulle wegbreek na die bosveld – en die musiekvideo maak dit duidelik hoekom. Jy gaan dit oor en oor wil kyk.
So, steek ‘n vuurtjie aan, hou haar/hom vas, of breek weg na die bosveld en geniet “Bos Is My Kos (Kampvuur Mix)”.