BRENDAN PEYPER SE DIEPER KANT

“Hallo julle. Dis Mandagaand. Uh…klaar verby curfew en ek en Trompie het nou-net ‘n liedjie geskryf – sy naam is ‘Op Jou Spoor’ en hy gaan so…”.

Dit is hoe Brendan heel onskuldig ‘n sosiale media plasing gemaak het op Maandag, 28 Junie toe hy ‘n deel van ‘n liedjie wat hy geskryf het gespeel het vir sy aanhangers. Na die oorweldigende terugvoer het Brendan baie vinnig besluit om hierdie liedjie toe op te neem en minder as 2 weke later stel hy nou twee weergawes vry van sy splinternuwe enkelsnit “Op Jou Spoor” met die doel dat die aanhangers moet besluit wat hulle gunsteling weergawe is.

Met diep lirieke bring Brendan ‘n meer kwesbare kant na vore soos hy ‘n jag metafoor gebruik om sy hartsverlange uit te beeld.

Hierdie liedjie beloof om een van die mooiste songs van die jaar te wees soos Brendan op die spoor is van die een wat hy nie wil verloor nie.

Brendan_300x300

OP JOU SPOOR

Brendan Peyper

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter