'INSOMNIA' IS DIE TWEEDE ENKELSNIT EN OOK DIE TITLE VAN BRENDAN PEYPER SE NUWE MINI ALBUM NA DIE VRYSTELLING VAN SY TREFFER, 'MEISIES SOOS JY'.

Brendan het al die liedjies op die EP geskryf en dit is ‘n mengsel van sokkie, organiese “band”-klanke en moderne pop. Insomnia het daardie knap, minimalistiese, “techno-bump” klank, maar geskryf binne die pop-genre.

Die titelsnit is bietjie donkerder as gewoonlik, maar moenie bekommerd wees nie dames, dit pas steeds veilig binne daardie jong volwasse-ruimte.

Die lied voel soos ‘n onskuldige verlange na liefde. ‘Insomnia’ is ‘n gepasde titel, want sodra jy dit speel sal jy waarskynlik moeilik slaap met al hierdie nuut gegraveerde vars “hooks” in jou kop.

BrendanMedia2

INSOMNIA

BRENDAN PEYPER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter