BRENDAN PEYPER, WAG GEDULDIG VIR SY PLAASPOP

“Plaaspop” is oorspronklik vrygestel as deel van Brendan Peyper se EP “Omdat Jy Mag”.
 
Na ‘n kuier in Murray Lubbe se ateljee het Brendan “Plaaspop” verder ingekleur en stel nou met trots “Plaaspop (Mullet Mix)” as ‘n enkelsnit vry.
 
Nóú sokkie die song ekstra lekker” sê Brendan.
 
En vir almal wat wil weet oor Brendan se liefdeslewe? “Ek is nie ongeduldig nie. My Plaaspop is iewers en ek sal geduldig wag totdat die tyd reg is vir ons paaie om te kruis” sê hy. “Intussen geniet ek hierdie hoofstuk van my lewe”.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter