WARM OP SAAM MET BRENDAN PEYPER

Na die reuse sukses van Brendan Peyper se onverwagde vrystelling van ‘Op Jou Spoor’, alles te danke aan sy aanhangers se reaksie op ‘n sosiale media plasing van die liedjie, is die boerseun van Bloemfontein terug met ‘n treffer en hy warm nou eers op.

‘Warm Nog Op’ is die titel van sy nuutste enkelsnit en dit is ook wat almal nou besig is om te doen soos ons die skuif maak van ‘n koue Winter na ‘n warm Somer en hierdie song is hoe mens dit doen. Met ‘n opwindende rock-klank kan jy seker wees dat Afrikaners van oral asook enige iemand anders wat ‘n goeie sokkie sessie waardeer hulle veters gaan vasmaak en hol na die dansvloer as hierdie nommertjie begin speel. Veral met die stresvolle gebeure wat rondom ons plaasvind kan jy jou bolla losmaak en jouself bederf met hierdie hoë energie, pretvolle partytjie song.

Aanhangers kan ook gerus wees dat Brendan nou eers begin op warm met nog ‘n paar treffers oppad voor die einde van die jaar. So, voeg hierdie solank by jou Somer speellys terwyl almal op warm en gereed maak vir ‘n lekker Somer.

BrendanSquare

WARM NOG OP

Brendan Peyper

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter