VERWELKOM PLOFKRAG, MET CHRISTIA SE HANDGRANAAT

Christia Visser is nog net 3 jaar in die game, maar sy is nie hier om te speel nie. Sy slaan raak en sy slaan boontoe met haar nuutste enkelsnit, ‘Handgranaat’.

Jonk van hart met ‘n ou skrywers-hand lewer sy snit na snit AAA-klas vermaak. Dis net eenvoudig kwaliteit. Op ‘Handgranaat’ hoor ons ‘n vermodernisering van speellys-verpletterende, donker 80’s danstreffers soos Jennifer Rush se ‘Ring of Ice’. Ons kry die hele arsenaal: Arpeggiated synths, Chorus-y reverb guitar licks en spookagtige, ritmiese “oooh-aah’s”. En natuurlik die kragtige stem.

Die inherente ironie van ‘n hartseer partytjie gee dit ‘n atmosfeer van verlange, maar die koor ontplof soos ‘n discobal wat verbrysel as die distorted guitar inskop. Die koor lirieke is geweldadig en drygend.

“Jy het my handgranaat se pin getrek my losgelaat, daar’s geen einde, die aand is myne. Jy het my handgranaat se pin getrek, my los gelaat, sien jy die glimlag? Verwelkom plofkrag, het jy die fynskrif deur gelees? Ek sou ook bang wees, great aand om als te vergeet”.

Oor die tema van die lied sê Christia: “Dit gaan vir my daaroor dat ons almal maskers op sit en ons seer probeer een kant toe stoot vir almal anders se onthalwe, maar dit ontplof altyd êrens in mens se gesig. Mens maak slegte keuses in ‘n oomblik van desperaatheid om goed te voel. Maak Dit sin? Ek dink dit doen”.

Christia_Handgranaat

HANDGRANAAT

CHRISTIA VISSER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter