CHRISTIA SÊ: "EK SAL AS JY SAL"

Christia Visser se splinternuwe enkelsnit “Ek Sal As Jy Sal” is nou beskikbaar met ‘n wegblaas-musiekvideo! Sy het die musiekbedryf betree met ‘n “17 Shots”-golf en die Christia-storm het nog nie bedaar nie.

“Ek Sal As Jy Sal” is ‘n uitdaging en gaan oor al die opofferings en magic wat saam met tydlose liefde kom. Dit is ‘n chaotiese, vreesaanjaende, amper-onbeheerbare gevoel om verlief te wees en ons almal smag daarna. Maar, is jy bereid om elke dag weer daardie besluit te neem?” is Christia se opsomming van die enkelsnit. Die enkelsnit is deur Dirk van Niekerk vervaardig en sal ook soos “17 Shots” jou voete onder jou uitslaan.

Die musiekvideo is Gerduan Kemp se handewerk en Christia se eie artisitieke stempel kom ook duidelik na vore.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter