CHRISTIA VISSER KONFRONTEER ELKEEN VAN ONS SE KANTLYN KRITICI MET DIE VRAAG: "WAT DE HEL?".

Kan mense net ontspan!?” vra Christia retories. “Daar is altyd iemand wat nie tevrede is met hoe ek en jy dinge doen nie. Dit kan mense wees wat ons nie ken nie of iemand na aan ons. Hulle is gewoonlik nie bereid om uit te vind presies hoekom nie.

Christia pak die vitrioliese aard van onbewaakte toegang in die digitale era met verrassende volwassenheid aan. Jy hoef nie ‘n gekwalifiseerde sielkundige te wees om te besef dat almal deesdae aan ‘n bietjie PTSV ly nie. En internet-trolle help nie.
“Almal het altyd ‘n vinger in jou pastei. Hierdie liedjie gaan oor die frustrasie wat dit veroorsaak. Ek glo dit is relevant vir enigiemand. Almal het al gevoel: ‘Wat de hel!?’ Ek dink as mense leer om te luister, sal ons saam kan groei.”

“Wat de hel?” is triomfantlik. Dit kripeer nie. Dit is opbeurend en roerend en loop soos ‘n weghol-stoomtrein. Hoewel dit nostalgiese oorsprong het, bevind Christia Visser haar op unieke terrein. Dit is bekend en vertroostend, maar vars! Eerste reaksies is altyd die mees opreg en ons staan bankvas by Christia: “You go, girl!

WDH_Web

WAT DE HEL

CHRISTIA VISSER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter