DAAR WORD REËN-WEER VOORSPEL MET NUWE EP

Nuwe lid, nuwe energie en nuwe EP(album). Na Reën se welontvangde gedaante-verwisseling was dit duidelik dat ons almal nie kan wag vir wat volgende kom nie. Hulle het ons juis ‘n voorsmakie gegee van die EP met die welgepasde nommer “Ek kan nie wag nie”. Die EP titel is ook baie gepas soos dit behoorlike “Reën-weer” voorspel van potensiële treffers wat op ons losgelaat gaan word. Van hoë energie tot sagter buie, opgewek tot hartroerend.

Met net 6 snitte gaan Reën jou deur ‘n wye reeks emosies en vlakke van opgewondenheid dra. Van Sonskyn tot Klippe en selfs ‘n spanpoging saam met die pen van Hunter Kennedy en die stem van Refentse beloof dit om jou aangenaam te verras met alles waarna toe hierdie goedvoel-duo instaat is.

Hierdie klein album is ‘n moet vir elke aanhanger en sal jou goed voorberei vir wat jy kan verwag van ‘n Reën vertoning waarna almal nou al so lank uitsien. Maak seker jy voeg sommer die hele album by jou versameling, want jy gaan niks wil skip volgens hierdie weer-voorspelling nie.

ReenPackshot

WEER

REËN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter