DANIËL SING OOR SY EIE LIELA!

Vars uit die Paarl, kan jy vir Daniël ‘n Hilux en kitaar gee, en hy kom verras jou met “Liela” en ‘n breë smile!
 
“Liela” is ‘n weerspieëling van daardie een spesiale persoon wat jou wêreld op sy kop draai. Dit is daardie oomblik wanneer jy iemand ontmoet en skielik voel dit asof jou hart ‘n nuwe ritme ontdek wat net vir hulle klop.
 
“Liela” is geskyf deur Armand Barnard en vervaardig deur die bekende Dirk van Niekerk. Daarom gaan hierdie liedjie jou definitief verlief maak en laat vasdans met daardie spesiale een.
 
Natuurlik is daar aantrekkingskrag, maar nie net fisies nie, maar op elke vlak van jou menswees. Dit is ‘n ongelooflike ervaring wanneer jou spesiale persoon jou net wil laat dans van geluk, jou bene lam kan maak met net ‘n kyk, jou gedagtes kan omgooi met net ‘n glimlag, en jou hart kan versag met net hul teenwoordigheid,” vertel Daniël.
 
Hierdie liedjie het daardie “Mamma Mia” energie en is van ware liefdes-erkenning. Hierdie liedjie is ook ‘n herinnering vir dié wat nog nie hul “Liela” gevind het nie, dat daar wel iemand daar buite is wat hierdie effek op jou sal hê – op die regte tyd, op die regte plek.
 
So, luister nou na“Liela” en jy mag net dalk jou “Liela” vind.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter