DEVAN VAT JOU DEUR AL DIE SEISOENE

Die Afrikaanse bedryf is tans ‘n baie opwindende arena soos nuwe-en-gevestigde kunstenaars in diverse rigtings beweeg met hulle musiek. Een van hierdie kunstenaars is ‘n nuweling uit Bloemfontein, Devan met sy debuut enkelsnit, “Seisoene”.

Hierdie jong “singer-songwriter” bring ‘n vars klank na die Afrikaanse mark met sy unieke stemtoon en skryfstyl. Seisoene wys ook vir ons bietjie die dieper kant van Devan soos hy ‘n tema aanraak wat baie van ons deurgaan. Hy vat ons deur ‘n weergawe van die seisoene waar deur ‘n verhouding soms gaan en bring dit alles pragtig bymekaar met ‘n kragtige video vir die enkelsnit.

Maak seker jy gaan volg Devan op alle sosiale platforms om seker te maak jy mis nie wat hierdie belowende jong kunstenaar het om te bied nie.

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter