DEVAN SOEK NET 'EEN GOEIE REDE'

Na Devan se vrystelling van sy debuut-enkelsnit, Seisoene, is hy reeds terug met sy volgende single ‘Een Goeie Rede’, meer as wat jy nodig het om na sy nuutste treffer te luister!

Die misterieuse outjie uit Bloemfontein sit weer ‘n nuwe spin op wat gebeur wanneer jy en jou beter helfte bietjie vassit. Dus vra hy vir net een goeie rede hoekom mens nie maar net kan ophou baklei nie. Meeste mense wat al in ‘n verhouding was en is sal kan vereenselwig met daai gevoel wat jy kry as die gestryery al so vêr gekom het – jy weet nie eintlik eers meer waaroor dit begin het nie.

Dis daar waar jy weer vir ‘n rede soek om op te hou baklei. Met ‘n retro moderne klank bring Devan beslis iets opwindend na die tafel toe as hy die energie krane bietjie oopdraai met “Een Goeie Rede”.

Devan_EenGoeieRede

EEN GOEIE REDE

Devan

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter