WATTER WOLF VOER JY?

Oor die jare is daar nou al baie wyshede kwyt geraak vanuit al die uithoeke van die wêreld en maak nie saak van waar af mens kom nie, as jy streef om ‘n beter mens te wees kan jy by baie van hierdie stories iets leer. Soos die storie van twee wolwe wat binne jou baklei. In die storie se basiese vorm is die een wolf goed en die ander een boos. Watter een sal wen?

Brendan Peyper het besef dat baie van ons eintlik met hierdie stryd binne ons worstel. Wen die wolf van geloof of vrees, liefde of haat, vrede of waansin? Hierdie selfde vrae wat op elke oomblik van jou lewe van toepassing is, is presies wat Brendan aanpak en dan die groot vraag vra – watse wolf sal wen? Die een wat jy voer?

Met Brendan se nuwe rock-klank sal hy jou diep laat dink terwyl jy jou lyf skud op sy nuutste enkelsnit, Die Wolf. Add hom by jou gunsteling speellys en besluit watter wolf binne jou jy gaan laat wen.

DieWolfPS2

DIE WOLF

Brendan Peyper

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter