DIRK VAN DER WESTHUIZEN VAT KOMERSIËLE DANS MUSIEK NA 'N NUWE VLAK

Sy nuutste verwerking “Komeet” is ‘n baanbreker van formaat.

Dit is geen geheim dat Dirk se vertonings regoor die land propvol is nie en dat hy sy aanhangers altyd bederf met polsende sokkie-klanke wat hulle kliphard laat saamsing en dans.

“Komeet” is nou beskikbaar op alle digitale platforms en maak seker jy kyk ook die musiekvideo! Die lied is deur Dirk en ervare liedjieskrywer Johan Oberholzer geskryf.

Die lied gaan oor oneindige liefde – jy en daai één persoon. JOU persoon! Julle eindig op ‘n komeet wat rondom die aarde wentel en julle weet julle moet terugkeer. As julle die aarde tref is daar ‘n kans dat julle dit nie gaan oorleef nie, maar julle is bereid om dit te doen want julle is by mekaar, en dit is al wat saak maak. “Want in jou gesig sien ek alles”.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter